Skip navigation and move to Contents...
Bible 2.0 Scripture explains itself Bible 2.0

<< >> Die Woord vir Maandag 6 Oktober 2025

Bybel in Afrikaans (1983-vertaling)

Jesus sê:

Ek sal julle nie as weeskinders agterlaat nie; Ek kom weer na julle toe.

Johannes 14:18

Christus sê:

Ek is by julle al die dae tot die voleinding van die wêreld.

Matteus 28:20

Johannes 14 (Bybel in Afrikaans (1983-vertaling))

15 "As julle My liefhet, sal julle my opdragte uitvoer.
16 Ek sal die Vader vra, en Hy sal vir julle 'n ander Voorspraak stuur om vir ewig by julle te wees,
17 naamlik die Gees van die waarheid. Die wêreld kan Hom nie ontvang nie, omdat hulle Hom nie sien en Hom nie ken nie. Maar julle ken Hom, omdat Hy by julle bly en in julle sal wees.
18 "Ek sal julle nie as weeskinders agterlaat nie; Ek kom weer na julle toe.
19 Nog net 'n klein rukkie, en dan sien die wêreld My nie meer nie, maar julle sien My, omdat Ek lewe en julle sal lewe.
20 Daardie dag sal julle weet dat Ek in my Vader is en julle in My en Ek in julle.
21 "Wie my opdragte het en dit uitvoer-dit is hy wat My liefhet. En wie My liefhet, hóm sal my Vader liefhê, en Ek sal hom ook liefhê en My aan hom openbaar."

Read more...(to top)

Matteus 28 (Bybel in Afrikaans (1983-vertaling))

17 Toe hulle Hom sien, het hulle Hom aanbid, hoewel party getwyfel het.
18 Jesus kom toe nader en sê vir hulle: "Aan My is alle mag gegee in die hemel en op die aarde.
19 Gaan dan na al die nasies toe en maak die mense my dissipels: doop hulle in die Naam van die Vader en die Seun en die Heilige Gees, en
20 leer hulle om alles te onderhou wat Ek julle beveel het. En onthou: Ek is by julle al die dae tot die voleinding van die wêreld."

Read more...(to top)

Other Bible Editions

Select...

English Standard Version

I will not leave you as orphans; I will come to you.

John 14:18

Christ says:

I am with you always, to the end of the age.

Matthew 28:20

Johannes 14 (English Standard Version)

15 “If you love me, you will keep my commandments.
16 And I will ask the Father, and he will give you another Helper, to be with you forever,
17 even the Spirit of truth, whom the world cannot receive, because it neither sees him nor knows him. You know him, for he dwells with you and will be in you.
18 “I will not leave you as orphans; I will come to you.
19 Yet a little while and the world will see me no more, but you will see me. Because I live, you also will live.
20 In that day you will know that I am in my Father, and you in me, and I in you.
21 Whoever has my commandments and keeps them, he it is who loves me. And he who loves me will be loved by my Father, and I will love him and manifest myself to him.”

Read more...(to top)

Matteus 28 (English Standard Version)

17 And when they saw him they worshiped him, but some doubted.
18 And Jesus came and said to them,
“All authority in heaven and on earth has been given to me.
19 Go therefore and make disciples of all nations, baptizing them in the name of the Father and of the Son and of the Holy Spirit,
20 teaching them to observe all that I have commanded you. And behold, I am with you always, to the end of the age.”

Read more...(to top)