Skip navigation and move to Contents...
Bible 2.0 Scripture explains itself Bible 2.0

<< >> Die Woord vir Sondag 5 Oktober 2025

Bybel in Afrikaans (1983-vertaling)

Deur die doop is ons immers saam met Hom in sy dood begrawe, sodat, soos Christus deur die wonderbaarlike magsdaad van die Vader uit die dood opgewek is, ons ook so 'n nuwe lewe kan lei.

Romeine 6:4

Julle is saam met Christus begrawe in die doop. Deur julle verbondenheid met Hom is julle ook saam met Hom opgewek, omdat julle geglo het in die krag van God wat Hom uit die dood opgewek het.

Kolossense 2:12

Romeine 6 (Bybel in Afrikaans (1983-vertaling))

1 Wat moet ons nou hiervan sê? Moet ons aanhou sonde doen sodat die genade kan toeneem?
2 Beslis nie. Hoe kan ons wat dood is vir die sonde, nog daarin voortlewe?
3 Of weet julle nie dat ons almal wat in Christus Jesus gedoop is, in sy dood gedoop is nie?
4 Deur die doop is ons immers saam met Hom in sy dood begrawe, sodat, soos Christus deur die wonderbaarlike magsdaad van die Vader uit die dood opgewek is, ons ook so 'n nuwe lewe kan lei.
5 Aangesien ons met Hom een geword het in sy dood, sal ons sekerlik ook met Hom een wees in sy opstanding.
6 Ons weet tog dat die sondige mens wat ons was, saam met Christus gekruisig is, sodat ons sondige bestaan beëindig kon word. Ons is dus nie langer slawe van die sonde nie.
7 Iemand wat gesterf het, is immers vry van die mag van die sonde.

Read more...(to top)

Kolossense 2 (Bybel in Afrikaans (1983-vertaling))

9 In Hom is die volle wese van God beliggaam,
10 en in verbondenheid met Hom deel julle in sy volheid. Hy is die hoof oor elke mag en gesag.
11 Deur julle verbondenheid met Hom is julle ook besny, nie met die besnydenis wat deur mense verrig word nie, maar met die besnydenis deur Christus, en dit bestaan in die wegneem van die sondige natuur van die mens.
12 Dit het by die doop gebeur deurdat julle toe saam met Hom begrawe is. Deur julle verbondenheid met Hom is julle ook saam met Hom opgewek, omdat julle geglo het in die krag van God wat Hom uit die dood opgewek het.
13 Julle was dood deurdat julle gesondig het en deurdat julle sondige natuur nog nie weggeneem was nie. God het julle egter saam met Christus lewend gemaak deurdat Hy ons al ons sondes vergewe het.
14 Hy het die skuldbewys met sy eise teen ons tot niet gemaak. Deur dit aan die kruis te spyker, het Hy dit vir goed weggeneem.
15 Hy het elke mag en gesag ontwapen en hulle in die openbaar vertoon deur hulle as gevangenes in die triomftog van Christus mee te voer.

Read more...(to top)

Other Bible Editions

Select...

English Standard Version

We were buried therefore with him by baptism into death, in order that, just as Christ was raised from the dead by the glory of the Father, we too might walk in newness of life.

Romans 6:4

You have been buried with Christ in baptism, in which you were also raised with him through faith in the powerful working of God, who raised him from the dead.

Colossians 2:12

Romeine 6 (English Standard Version)

1 What shall we say then? Are we to continue in sin that grace may abound?
2 By no means! How can we who died to sin still live in it?
3 Do you not know that all of us who have been baptized into Christ Jesus were baptized into his death?
4 We were buried therefore with him by baptism into death, in order that, just as Christ was raised from the dead by the glory of the Father, we too might walk in newness of life.
5 For if we have been united with him in a death like his, we shall certainly be united with him in a resurrection like his.
6 We know that our old self was crucified with him in order that the body of sin might be brought to nothing, so that we would no longer be enslaved to sin.
7 For one who has died has been set free from sin.

Read more...(to top)

Kolossense 2 (English Standard Version)

9 For in him the whole fullness of deity dwells bodily,
10 and you have been filled in him, who is the head of all rule and authority.
11 In him also you were circumcised with a circumcision made without hands, by putting off the body of the flesh, by the circumcision of Christ,
12 having been buried with him in baptism, in which you were also raised with him through faith in the powerful working of God, who raised him from the dead.
13 And you, who were dead in your trespasses and the uncircumcision of your flesh, God made alive together with him, having forgiven us all our trespasses,
14 by canceling the record of debt that stood against us with its legal demands. This he set aside, nailing it to the cross.
15 He disarmed the rulers and authorities and put them to open shame, by triumphing over them in him.

Read more...(to top)