Skip navigation and move to Contents...
Bible 2.0 Scripture explains itself Bible 2.0

<< >> Die Woord vir Vrydag 3 Oktober 2025

Bybel in Afrikaans (1983-vertaling)

Toe Christus volmaaktheid bereik het, het Hy vir almal wat aan Hom gehoorsaam is, die bron van ewige saligheid geword.

Hebreërs 5:9

Petrus en die ander apostels het geantwoord: "'n Mens moet eerder aan God gehoorsaam wees as aan mense!"

Handelinge 5:29

Hebreërs 5 (Bybel in Afrikaans (1983-vertaling))

6 En op 'n ander plek sê Hy: "Jy is priester vir ewig volgens die priesterorde van Melgisedek."
7 Gedurende sy aardse lewe het Hy aan God, wat Hom uit die dood kon red, gebede en smekinge geoffer met harde geroep en met trane. En sy gebede is verhoor vanweë sy eerbiedige onderworpenheid aan God.
8 Hoewel Hy die Seun was, het Hy deur alles wat Hy gely het, geleer wat gehoorsaamheid is.
9 En toe Hy volmaaktheid bereik het, het Hy vir almal wat aan Hom gehoorsaam is, die bron van ewige saligheid geword
10 en is Hy deur God verklaar tot Hoëpriester volgens die priesterorde van Melgisedek.
11 In verband hiermee het ons baie te sê wat moeilik is om aan julle te verduidelik, aangesien julle so traag is om te leer.
12 Hoewel julle teen hierdie tyd self reeds onderrig behoort te gee, het julle weer nodig dat iemand julle in die grondwaarhede van die woord van God moet onderrig. 'n Mens moet julle met melk voed en nie met vaste kos nie.

Read more...(to top)

Handelinge 5 (Bybel in Afrikaans (1983-vertaling))

26 Toe het die bevelvoerder en die wagte die apostels gaan haal, maar sonder geweld, omdat hulle bang was die volk steek hulle onder die klippe.
27 Hulle het hulle voor die Raad gebring, en die hoëpriester sê toe vir hulle:
28 "Het ons julle nie uitdruklik belet om die mense in hierdie Naam te leer nie? En nou lê die hele Jerusalem vol van julle leer! Boonop wil julle ons ook nog verantwoordelik hou vir hierdie man se dood."
29 Petrus en die ander apostels het geantwoord: "'n Mens moet eerder aan God gehoorsaam wees as aan mense!
30 Die God van ons voorvaders het Jesus uit die dood opgewek nadat julle Hom vermoor het deur Hom aan die kruis te hang.
31 God het Hom verhoog tot Leidsman en Verlosser aan sy regterhand, sodat Hy Israel tot bekering kan bring en hulle sondes kan vergewe.
32 En ons is getuies hiervan, ons en die Heilige Gees wat deur God gegee is aan dié wat aan Hom gehoorsaam is."

Read more...(to top)

Other Bible Editions

Select...

English Standard Version

Being made perfect, Jesus became the source of eternal salvation to all who obey him.

Hebrews 5:9

Peter and the apostles answered, We must obey God rather than men.

Acts 5:29

Hebreërs 5 (English Standard Version)

6 as he says also in another place,
“You are a priest forever,
after the order of Melchizedek.”
7 In the days of his flesh, Jesus offered up prayers and supplications, with loud cries and tears, to him who was able to save him from death, and he was heard because of his reverence.
8 Although he was a son, he learned obedience through what he suffered.
9 And being made perfect, he became the source of eternal salvation to all who obey him,
10 being designated by God a high priest after the order of Melchizedek.
11 About this we have much to say, and it is hard to explain, since you have become dull of hearing.
12 For though by this time you ought to be teachers, you need someone to teach you again the basic principles of the oracles of God. You need milk, not solid food,

Read more...(to top)

Handelinge 5 (English Standard Version)

26 Then the captain with the officers went and brought them, but not by force, for they were afraid of being stoned by the people.
27 And when they had brought them, they set them before the council. And the high priest questioned them,
28 saying, “We strictly charged you not to teach in this name, yet here you have filled Jerusalem with your teaching, and you intend to bring this man's blood upon us.”
29 But Peter and the apostles answered, “We must obey God rather than men.
30 The God of our fathers raised Jesus, whom you killed by hanging him on a tree.
31 God exalted him at his right hand as Leader and Savior, to give repentance to Israel and forgiveness of sins.
32 And we are witnesses to these things, and so is the Holy Spirit, whom God has given to those who obey him.”

Read more...(to top)