Skip navigation and move to Contents...
Bible 2.0 Scripture explains itself Bible 2.0

<< Die Woord vir Donderdag 9 Oktober 2025

Bybel in Afrikaans (1983-vertaling)

Die Here sal tot julle redding verskyn en julle genadig wees.

Numeri 6:25

Maak U my gesond, Here, dan sal ek gesond wees! Bevry U my, dan sal ek vry wees! Dit is vir U wat ek wil loof.

Jeremia 17:14

Numeri 6 (Bybel in Afrikaans (1983-vertaling))

22 Die Here het vir Moses gesê:
23 "Sê vir Aäron en sy seuns: So moet julle sê wanneer julle die Israeliete seën:
24 Die Here sal julle seën en julle beskerm;
25 die Here sal tot julle redding verskyn en julle genadig wees;
26 die Here sal julle gebede verhoor en aan julle vrede gee!
27 "So moet die priesters my Naam oor die Israeliete uitroep, en Ek sal hulle seën."

Read more...(to top)

Jeremia 17 (Bybel in Afrikaans (1983-vertaling))

11 'n Fisant wat broei op eiers wat hy nie gelê het nie, dit is die mens wat op oneerlike wyse ryk word. Hy sal sy rykdom moet agterlaat in die fleur van sy lewe, sy uiteinde is dié van 'n dwaas.
12 'n Magtige troon, van die begin af verhewe, dit is die plek waar ons heiligdom staan!
13 Here, Hoop van Israel, wie van U af weggaan, kom bedroë daarvan af; wie van U af wegdraai, is vir die dood opgeskryf, want hulle verlaat die Here, die bron van die lewe.
14 Maak U my gesond, Here, dan sal ek gesond wees! Bevry U my, dan sal ek vry wees! Dit is vir U wat ek wil loof.
15 Die mense vra vir my: "Waar is die woord van die Here? Laat dit tog kom!"
16 Maar omdat ek nie wou ophou om 'n herder te wees wat in u diens staan nie, het ek nie die onheilsdag nadergewens nie. U weet wat ek gesê het, dit is aan U bekend.
17 Moet tog nie vir my 'n verskrikking word nie, want U is my toevlug op die dag van rampe.

Read more...(to top)

Other Bible Editions

Select...

English Standard Version

The Lord make his face to shine upon you and be gracious to you.

Numbers 6:25

Heal me, O Lord, and I shall be healed; save me, and I shall be saved, for you are my praise.

Jeremiah 17:14

Numeri 6 (English Standard Version)

22 The Lord spoke to Moses, saying,
23 “Speak to Aaron and his sons, saying, Thus you shall bless the people of Israel: you shall say to them,
24 The Lord bless you and keep you;
25 the Lord make his face to shine upon you and be gracious to you;
26 the Lord lift up his countenance upon you and give you peace.
27 “So shall they put my name upon the people of Israel, and I will bless them.”

Read more...(to top)

Jeremia 17 (English Standard Version)

11 Like the partridge that gathers a brood that she did not hatch,
so is he who gets riches but not by justice;
in the midst of his days they will leave him,
and at his end he will be a fool.
12 A glorious throne set on high from the beginning
is the place of our sanctuary.
13 O Lord, the hope of Israel,
all who forsake you shall be put to shame;
those who turn away from you shall be written in the earth,
for they have forsaken the Lord, the fountain of living water.
14 Heal me, O Lord, and I shall be healed;
save me, and I shall be saved,
for you are my praise.
15 Behold, they say to me,
“Where is the word of the Lord?
Let it come!”
16 I have not run away from being your shepherd,
nor have I desired the day of sickness.
You know what came out of my lips;
it was before your face.
17 Be not a terror to me;
you are my refuge in the day of disaster.

Read more...(to top)