Skip navigation and move to Contents...
Bible 2.0 Scripture explains itself Bible 2.0

<< >> Die Woord vir Donderdag 11 September 2025

Bybel in Afrikaans (1983-vertaling)

Deur die oortreding van een mens het baie gesterf, maar die genade van God en die gawe wat deur die genade van die een Mens, Jesus Christus, gekom het, is veel oorvloediger aan baie geskenk.

Romeine 5:15

Jesus Christus is die versoening vir ons sondes; en nie net vir óns sondes nie, maar ook vir dié van die hele wêreld.

1 Johannes 2:2

Romeine 5 (Bybel in Afrikaans (1983-vertaling))

12 Verder nog dít: Deur een mens het die sonde in die wêreld gekom en deur die sonde die dood, en so het die dood tot al die mense deurgedring, omdat almal gesondig het.
13 Die sonde was al in die wêreld nog voordat die wet van Moses gegee is, maar sonde word nie toegereken as daar nie 'n wet is nie.
14 Nietemin het die dood heerskappy gevoer van Adam af tot by Moses, ook oor mense wat nie gesondig het op dieselfde manier as dié waarop Adam oortree het nie. Daar is ooreenkoms tussen Adam en Hom wat sou kom,
15 maar met die genadegawe is dit anders as met die oortreding. Deur die oortreding van een mens het baie gesterf, maar die genade van God en die gawe wat deur die genade van die een Mens, Jesus Christus, gekom het, is veel oorvloediger aan baie geskenk.
16 En met die gawe van God is dit anders as met die sonde van die een mens. Op die oortreding van die een mens het die oordeel gevolg en dit het tot veroordeling gelei, maar op die baie oortredings het die genadegawe gevolg en dit het tot vryspraak gelei.
17 Deur die oortreding van die een mens het die dood begin heerskappy voer deur hierdie een mens, maar deur die Een, Jesus Christus, is veel meer bereik: dié wat die oorvloed van genade en die vryspraak as gawe ontvang het, sal lewe en heerskappy voer.
18 Soos een oortreding gelei het tot veroordeling vir alle mense, so het een daad van gehoorsaamheid dus ook gelei tot vryspraak en lewe vir almal.

Read more...(to top)

1 Johannes 2 (Bybel in Afrikaans (1983-vertaling))

1 Dit skrywe ek aan julle, my liewe kinders, dat julle nie moet sondig nie. En as een van ons sondig-ons het Jesus Christus, die regverdige, as ons voorspraak by die Vader.
2 Hy is die versoening vir ons sondes; en nie net vir óns sondes nie, maar ook vir dié van die hele wêreld.
3 As ons die gebooie van God gehoorsaam, weet ons daaraan dat ons Hom ken.
4 Iemand wat sê: "Ek ken Hom," maar nie sy gebooie gehoorsaam nie, is 'n leuenaar, en die waarheid is nie in hom nie.
5 Wie sy woord egter gehoorsaam-in hom het die liefde van God werklik sy doel volkome bereik. Hieraan weet ons dat ons in Hom is.

Read more...(to top)

Other Bible Editions

Select...

English Standard Version

If many died through one man's trespass, much more have the grace of God and the free gift by the grace of that one man Jesus Christ abounded for many.

Romans 5:15

Jesus Christ is the propitiation for our sins, and not for ours only but also for the sins of the whole world.

1 John 2:2

Romeine 5 (English Standard Version)

12 Therefore, just as sin came into the world through one man, and death through sin, and so death spread to all men because all sinned—
13 for sin indeed was in the world before the law was given, but sin is not counted where there is no law.
14 Yet death reigned from Adam to Moses, even over those whose sinning was not like the transgression of Adam, who was a type of the one who was to come.
15 But the free gift is not like the trespass. For if many died through one man's trespass, much more have the grace of God and the free gift by the grace of that one man Jesus Christ abounded for many.
16 And the free gift is not like the result of that one man's sin. For the judgment following one trespass brought condemnation, but the free gift following many trespasses brought justification.
17 For if, because of one man's trespass, death reigned through that one man, much more will those who receive the abundance of grace and the free gift of righteousness reign in life through the one man Jesus Christ.
18 Therefore, as one trespass led to condemnation for all men, so one act of righteousness leads to justification and life for all men.

Read more...(to top)

1 Johannes 2 (English Standard Version)

1 My little children, I am writing these things to you so that you may not sin. But if anyone does sin, we have an advocate with the Father, Jesus Christ the righteous.
2 He is the propitiation for our sins, and not for ours only but also for the sins of the whole world.
3 And by this we know that we have come to know him, if we keep his commandments.
4 Whoever says “I know him” but does not keep his commandments is a liar, and the truth is not in him,
5 but whoever keeps his word, in him truly the love of God is perfected. By this we may know that we are in him:

Read more...(to top)