Skip navigation and move to Contents...
Bible 2.0 Scripture explains itself Bible 2.0

<< >> Die Woord vir Maandag 8 September 2025

Bybel in Afrikaans (1983-vertaling)

U verordeninge, laat dié my na aan die hart lê, nie die begeerte om myself te verryk nie.

Psalm 119:36

Dié wat in hierdie wêreld ryk is, moet jy waarsku om nie hooghartig te wees nie. Hulle moet nie hulle hoop op die onsekerheid van rykdom vestig nie, maar op God wat alles ryklik aan ons gee om te geniet.

1 Timoteus 6:17

Psalm 119 (Bybel in Afrikaans (1983-vertaling))

33 Here, leer my hoe om u voorskrifte uit te voer, sodat ek my tot die einde toe daaraan kan hou.
34 Gee my insig, dat ek u wet kan gehoorsaam en dit met my hele hart kan onderhou.
35 Laat my wandel volgens u gebooie, want daarin vind ek vreugde.
36 U verordeninge, laat dié my na aan die hart lê, nie die begeerte om myself te verryk nie.
37 Weerhou my van 'n nuttelose lewe, laat my leef op die weg wat U aanwys.
38 Vervul ook aan my die belofte wat U gegee het aan dié wat U dien.
39 Die venyn van mense, daarvoor is ek bang, moenie dat dit my tref nie. Maar u bepalings, dié is goed.

Read more...(to top)

1 Timoteus 6 (Bybel in Afrikaans (1983-vertaling))

14 "Voer jou opdrag stiptelik en onberispelik uit tot op die dag dat ons Here Jesus Christus kom."
15 Sy verskyning sal op die bestemde tyd plaasvind. Daarvoor sorg God, die goeie en enigste Heerser, die Koning van die konings en die Here van die heersers.
16 Hy alleen besit onsterflikheid; Hy woon in ontoeganklike lig. Geen mens het Hom gesien of kan Hom sien nie. Aan Hom kom toe eer en ewige mag! Amen.
17 Dié wat in hierdie wêreld ryk is, moet jy waarsku om nie hooghartig te wees nie. Hulle moet nie hulle hoop op die onsekerheid van rykdom vestig nie, maar op God wat alles ryklik aan ons gee om te geniet.
18 Spoor hulle aan om goed te doen, om ryk te wees in goeie dade, vrygewig en mededeelsaam.
19 So vergader hulle vir hulle 'n skat as 'n goeie belegging vir die toekoms, sodat hulle die ware lewe sal verkry.
20 Timoteus, bewaar wat aan jou toevertrou is. Vermy die onheilige en sinlose praatjies en die redenasies van die "kennis", soos dit verkeerdelik genoem word.

Read more...(to top)

Other Bible Editions

Select...

English Standard Version

Incline my heart to your testimonies, and not to selfish gain!

Psalm 119:36

As for the rich in this present age, charge them not to be haughty, nor to set their hopes on the uncertainty of riches, but on God, who richly provides us with everything to enjoy.

1 Timothy 6:17

Psalm 119 (English Standard Version)

33 Teach me, O Lord, the way of your statutes;
and I will keep it to the end.
34 Give me understanding, that I may keep your law
and observe it with my whole heart.
35 Lead me in the path of your commandments,
for I delight in it.
36 Incline my heart to your testimonies,
and not to selfish gain!
37 Turn my eyes from looking at worthless things;
and give me life in your ways.
38 Confirm to your servant your promise,
that you may be feared.
39 Turn away the reproach that I dread,
for your rules are good.

Read more...(to top)

1 Timoteus 6 (English Standard Version)

14 to keep the commandment unstained and free from reproach until the appearing of our Lord Jesus Christ,
15 which he will display at the proper time—he who is the blessed and only Sovereign, the King of kings and Lord of lords,
16 who alone has immortality, who dwells in unapproachable light, whom no one has ever seen or can see. To him be honor and eternal dominion. Amen.
17 As for the rich in this present age, charge them not to be haughty, nor to set their hopes on the uncertainty of riches, but on God, who richly provides us with everything to enjoy.
18 They are to do good, to be rich in good works, to be generous and ready to share,
19 thus storing up treasure for themselves as a good foundation for the future, so that they may take hold of that which is truly life.
20 O Timothy, guard the deposit entrusted to you. Avoid the irreverent babble and contradictions of what is falsely called “knowledge,”

Read more...(to top)