Skip navigation and move to Contents...
Bible 2.0 Scripture explains itself Bible 2.0

>> Die Woord vir Saterdag 6 September 2025

Bybel in Afrikaans (1983-vertaling)

Al die mense het Hom probeer aanraak, omdat daar krag van Hom uitgegaan het en Hy almal gesond gemaak het.

Lukas 6:19

Blindes sien, lammes loop, melaatses word gereinig, dowes hoor, dooies word opgewek, aan armes word die evangelie verkondig.

Lukas 7:22

Lukas 6 (Bybel in Afrikaans (1983-vertaling))

16 en Judas Iskariot wat die verraaier geword het.
17 Hy het saam met hulle van die berg afgekom en op 'n gelykte by 'n groot aantal volgelinge gaan staan. Van die hele Joodse land en Jerusalem en van die kusgebied van Tirus en Sidon af was daar 'n menigte mense
18 wat gekom het om na Hom te luister en van hulle siektes genees te word. Ook dié wat onder onrein geeste gely het, is gesond gemaak.
19 Al die mense het Hom probeer aanraak, omdat daar krag van Hom uitgegaan het en Hy almal gesond gemaak het.
20 Jesus het sy dissipels aangekyk en gesê: "Geseënd is julle wat arm is, want aan julle behoort die koninkryk van God.
21 Geseënd is julle wat nou honger het, want julle sal versadig word. Geseënd is julle wat nou huil, want julle sal lag.
22 Geseënd is julle wanneer die mense julle haat en julle verstoot en uitskel en julle naam vermy soos iets wat sleg is, alles ter wille van die Seun van die mens.

Read more...(to top)

Lukas 7 (Bybel in Afrikaans (1983-vertaling))

19 en stuur hulle na die Here toe om te vra: "Is U die Een wat sou kom, of moet ons 'n ander een verwag?"
20 Toe die manne by Hom kom, sê hulle: "Johannes die Doper het ons na U toe gestuur om te vra: Is U die Een wat sou kom, of moet ons 'n ander een verwag?"
21 Op daardie oomblik het Jesus juis baie mense gesond gemaak van siektes en kwale en bose geeste, en baie blindes het Hy laat sien.
22 Sy antwoord aan die boodskappers was: "Gaan vertel vir Johannes wat julle gesien en gehoor het: blindes sien, lammes loop, melaatses word gereinig, dowes hoor, dooies word opgewek, aan armes word die evangelie verkondig.
23 En gelukkig is die man wat nie aan My begin twyfel nie."
24 Nadat die boodskappers van Johannes vertrek het, het Jesus met die mense oor Johannes begin praat en gesê: "Waarna het julle in die woestyn gaan kyk? Na 'n riet wat deur die wind heen en weer gewaai word?
25 Nee? Maar wat het julle dan uitgegaan om te sien? 'n Man met deftige klere aan? Nee, kyk, dié wat swierige klere dra en in weelde lewe, kry 'n mens in koninklike paleise.

Read more...(to top)

Other Bible Editions

Select...

English Standard Version

All the crowd sought to touch Jesus, for power came out from him and healed them all.

Luke 6:19

The blind receive their sight, the lame walk, lepers are cleansed, and the deaf hear, the dead are raised up, the poor have good news preached to them.

Luke 7:22

Lukas 6 (English Standard Version)

16 and Judas the son of James, and Judas Iscariot, who became a traitor.
17 And he came down with them and stood on a level place, with a great crowd of his disciples and a great multitude of people from all Judea and Jerusalem and the seacoast of Tyre and Sidon,
18 who came to hear him and to be healed of their diseases. And those who were troubled with unclean spirits were cured.
19 And all the crowd sought to touch him, for power came out from him and healed them all.
20 And he lifted up his eyes on his disciples, and said:
“Blessed are you who are poor, for yours is the kingdom of God.
21 “Blessed are you who are hungry now, for you shall be satisfied.
“Blessed are you who weep now, for you shall laugh.
22 “Blessed are you when people hate you and when they exclude you and revile you and spurn your name as evil, on account of the Son of Man!

Read more...(to top)

Lukas 7 (English Standard Version)

19 calling two of his disciples to him, sent them to the Lord, saying, “Are you the one who is to come, or shall we look for another?”
20 And when the men had come to him, they said, “John the Baptist has sent us to you, saying, ‘Are you the one who is to come, or shall we look for another?’”
21 In that hour he healed many people of diseases and plagues and evil spirits, and on many who were blind he bestowed sight.
22 And he answered them,
“Go and tell John what you have seen and heard: the blind receive their sight, the lame walk, lepers are cleansed, and the deaf hear, the dead are raised up, the poor have good news preached to them.
23 And blessed is the one who is not offended by me.”
24 When John's messengers had gone, Jesus began to speak to the crowds concerning John:
“What did you go out into the wilderness to see? A reed shaken by the wind?
25 What then did you go out to see? A man dressed in soft clothing? Behold, those who are dressed in splendid clothing and live in luxury are in kings' courts.

Read more...(to top)