Skip navigation and move to Contents...
Bible 2.0 Scripture explains itself Bible 2.0

<< >> Die Woord vir Woensdag 20 Augustus 2025

Bybel in Afrikaans (1983-vertaling)

Moses sê vir die Here: Ag, Here, ek kan nie goed praat nie; ek kon nie vroeër nie en ek kan ook nie nou, hier waar U met my praat nie.

Eksodus 4:10

Wanneer hulle julle uitlewer, moet julle julle nie bekommer oor hoe of wat julle moet sê nie, want op daardie oomblik sal God aan julle gee wat julle moet sê.

Matteus 10:19

Eksodus 4 (Bybel in Afrikaans (1983-vertaling))

7 Hierna sê die Here: "Steek nou weer jou hand in jou klere." Hy steek toe weer sy hand in en toe hy dit uittrek, was dit gesond.
8 Toe sê die Here: "As hulle jou na die eerste wonderwerk nie geglo het nie en hulle nie daaraan gesteur het nie, behoort hulle jou na hierdie een wel te glo.
9 "As hulle jou ná hierdie twee wonderwerke nog nie glo nie en nie na jou luister nie, moet jy van die Nyl se water vat en op die grond uitgooi. Die water wat jy uit die Nyl gevat het, sal dan op die grond bloed word."
10 Toe sê Moses vir die Here: "Ag, Here, ek kan nie goed praat nie; ek kon nie vroeër nie en ek kan ook nie nou, hier waar U met my praat nie. Ek praat swaar, en my tong sukkel."
11 Daarna sê die Here vir hom: "Wie het aan die mens 'n mond gegee? Wie maak stom of doof of siende of blind? Is dit nie Ek, die Here, nie?
12 Gaan nou, Ek sal jou help met die praat en jou leer wat jy moet sê."
13 Maar Moses antwoord: "Asseblief tog, Here, stuur liewer iemand anders."

Read more...(to top)

Matteus 10 (Bybel in Afrikaans (1983-vertaling))

16 "Onthou: Ek stuur julle soos skape tussen wolwe in. Wees dus versigtig soos slange en opreg soos duiwe.
17 Pas op vir die mense. Hulle sal julle aan die geregshowe uitlewer, en in hulle sinagoges sal hulle julle gesel.
18 Ook voor goewerneurs en konings sal julle gebring word ter wille van My. Dit sal julle geleentheid wees om voor hulle en voor die heidennasies van My te getuig.
19 Wanneer hulle julle uitlewer, moet julle julle nie bekommer oor hoe of wat julle moet sê nie, want op daardie oomblik sal God aan julle gee wat julle moet sê.
20 Dan is dit nie julle wat praat nie, maar die Gees van julle Vader wat deur julle praat.
21 "Die een broer sal die ander uitlewer om doodgemaak te word, en selfs 'n pa sy kind; kinders sal teen hulle ouers in opstand kom en hulle doodmaak.
22 Julle sal ter wille van my Naam deur almal gehaat word. Maar wie tot die einde toe volhard, sal gered word.

Read more...(to top)

Other Bible Editions

Select...

English Standard Version

Moses said to the Lord, Oh, my Lord, I am not eloquent, either in the past or since you have spoken to your servant.

Exodus 4:10

When they deliver you over, do not be anxious how you are to speak or what you are to say, for what you are to say will be given to you in that hour.

Matthew 10:19

Eksodus 4 (English Standard Version)

7 Then God said, “Put your hand back inside your cloak.” So he put his hand back inside his cloak, and when he took it out, behold, it was restored like the rest of his flesh.
8 “If they will not believe you,” God said, “or listen to the first sign, they may believe the latter sign.
9 If they will not believe even these two signs or listen to your voice, you shall take some water from the Nile and pour it on the dry ground, and the water that you shall take from the Nile will become blood on the dry ground.”
10 But Moses said to the Lord, “Oh, my Lord, I am not eloquent, either in the past or since you have spoken to your servant, but I am slow of speech and of tongue.”
11 Then the Lord said to him, “Who has made man's mouth? Who makes him mute, or deaf, or seeing, or blind? Is it not I, the Lord?
12 Now therefore go, and I will be with your mouth and teach you what you shall speak.”
13 But he said, “Oh, my Lord, please send someone else.”

Read more...(to top)

Matteus 10 (English Standard Version)

16 “Behold, I am sending you out as sheep in the midst of wolves, so be wise as serpents and innocent as doves.
17 Beware of men, for they will deliver you over to courts and flog you in their synagogues,
18 and you will be dragged before governors and kings for my sake, to bear witness before them and the Gentiles.
19 When they deliver you over, do not be anxious how you are to speak or what you are to say, for what you are to say will be given to you in that hour.
20 For it is not you who speak, but the Spirit of your Father speaking through you.
21 Brother will deliver brother over to death, and the father his child, and children will rise against parents and have them put to death,
22 and you will be hated by all for my name's sake. But the one who endures to the end will be saved.

Read more...(to top)