Skip navigation and move to Contents...
Bible 2.0 Scripture explains itself Bible 2.0

<< >> Die Woord vir Donderdag 5 Junie 2025

Bybel in Afrikaans (1983-vertaling)

Ons God het die vloek in seën laat verander.

Nehemia 13:2

Christus het ons losgekoop van die vloek wat die wet meebring, deur in ons plek 'n vervloekte te word.

Galasiërs 3:13

Nehemia 13 (Bybel in Afrikaans (1983-vertaling))

1 Daardie dag is daar ten aanhore van die volk voorgelees uit die boek van Moses, en daar is geskryf gevind dat 'n Ammoniet of Moabiet nooit in die gemeente van God mag kom nie.
2 Dit was omdat hulle nie brood en water aan die Israeliete wou gee nie en vir Bileam gehuur het om 'n vloek oor Israel uit te spreek. Ons God het die vloek in seën laat verander.
3 Toe die volk dié wet hoor, het hulle almal wat van gemengde herkoms was, van Israel afgeskei.
4 Tevore het die priester Eljasib, wat in beheer was van die opslagplek by die huis van ons God en familie van Tobija was,
5 vir Tobija 'n groot kamer ingerig wat tevore gebruik was vir die graanoffer, die wierook, die offergereedskap, die tiendes van koring, wyn en olie, die aandeel van die Leviete, die sangers en die poortwagte, en die offergawe vir die priesters.

Read more...(to top)

Galasiërs 3 (Bybel in Afrikaans (1983-vertaling))

10 Maar almal wat staat maak op die onderhouding van die wet, val onder die vloek, want daar staan geskrywe: "Daar rus 'n vloek op elkeen wat nie stiptelik alles doen wat in die boek van die wet geskrywe staan nie."
11 En dat niemand op grond van die wet deur God vrygespreek word nie, is duidelik, want "hy wat deur God vrygespreek is omdat hy glo, sal lewe."
12 By die wet gaan dit egter nie om die geloof nie, maar om die daad, want daar staan: "Hy wat dóén wat die wet sê, sal daardeur lewe."
13 Christus het ons losgekoop van die vloek wat die wet meebring, deur in ons plek 'n vervloekte te word. Daar staan naamlik geskrywe: "Vervloek is elkeen wat aan 'n hout opgehang is."
14 Daardeur kan ook hulle wat nie Jode is nie, deur Christus Jesus deel kry aan die seën wat God aan Abraham toegesê het. So het ons dan deur die geloof die Gees ontvang wat God beloof het.
15 Broers, ek gaan nou 'n voorbeeld uit die gewone lewe neem. As 'n testament, wat maar net mensewerk is, eers geldig is, kan niemand dit ongeldig maak of iets daaraan toevoeg nie.
16 God het sy beloftes aan Abraham en aan sy nakomeling gegee. Daar staan nie "aan nakomelinge", meer as een nie, maar: "en aan jou nakomeling", net een, en hierdie nakomeling is Christus.

Read more...(to top)

Other Bible Editions

Select...

English Standard Version

Our God turned the curse into a blessing.

Nehemiah 13:2

Christ redeemed us from the curse of the law by becoming a curse for us.

Galatians 3:13

Nehemia 13 (English Standard Version)

1 On that day they read from the Book of Moses in the hearing of the people. And in it was found written that no Ammonite or Moabite should ever enter the assembly of God,
2 for they did not meet the people of Israel with bread and water, but hired Balaam against them to curse them—yet our God turned the curse into a blessing.
3 As soon as the people heard the law, they separated from Israel all those of foreign descent.
4 Now before this, Eliashib the priest, who was appointed over the chambers of the house of our God, and who was related to Tobiah,
5 prepared for Tobiah a large chamber where they had previously put the grain offering, the frankincense, the vessels, and the tithes of grain, wine, and oil, which were given by commandment to the Levites, singers, and gatekeepers, and the contributions for the priests.

Read more...(to top)

Galasiërs 3 (English Standard Version)

10 For all who rely on works of the law are under a curse; for it is written, “Cursed be everyone who does not abide by all things written in the Book of the Law, and do them.”
11 Now it is evident that no one is justified before God by the law, for “The righteous shall live by faith.”
12 But the law is not of faith, rather “The one who does them shall live by them.”
13 Christ redeemed us from the curse of the law by becoming a curse for us—for it is written, “Cursed is everyone who is hanged on a tree”—
14 so that in Christ Jesus the blessing of Abraham might come to the Gentiles, so that we might receive the promised Spirit through faith.
15 To give a human example, brothers: even with a man-made covenant, no one annuls it or adds to it once it has been ratified.
16 Now the promises were made to Abraham and to his offspring. It does not say, “And to offsprings,” referring to many, but referring to one, “And to your offspring,” who is Christ.

Read more...(to top)